CLOSER HUWELIKS SEMINAAR
Close. closer. CLOSEST.
Closer – die volgende stap na ‘n sterker huwelik.
HOEKOM Closer?
Closer is ‘n 8-week huwelikseminaar wat paartjies help om weer nader aan mekaar te groei.
Tim en Cindy deel eerlike stories uit hulle eie huwelik en gee eenvoudige, praktiese hulpmiddels wat enige paartjie kan gebruik.
Met humor, deernis en Bybelse wysheid skep hulle ‘n veilige ruimte waar elke paartjie welkom voel.
Wat julle gaan leer:
Each week is designed to spark honest conversation, meaningful growth, and intentional connection:
Week 1
Dit begin by MY
Word die regte een, nie net iemand wat die ander probeer reg maak nie.
Week 2
Fondasies
Wat verg dit om ’n huwelik te bou wat die toets van tyd deurstaan?
Week 3
Kommunikasie 101:
Hoe om te praat sodat jy gehoor word, sonder om ’n ‘fight’ te begin.
Week 4
Die pad na volwassenheid:
Hoe om konflik met, genade en wysheid te hanteer.
Week 5
Haar behoeftes:
Leer wat haar regtig gelukkig, gewaardeerd en geliefd laat voel.
Week 6
Sy behoeftes:
Verstaan wat werklik vir die hart van ’n man saak maak.
Week 7
Kom ons Praat oor Seks:
Skakel die hitte aan. ’n veilige ruimte. Eerlike gesprekke. Dieper intimiteit.
Week 8
Koninkryks huwelike:
Sien jou huwelik deur die hemel se oë en wandel met ‘n koninkryksdoel.
'n gelukkige huwelik is 'n reis van saam groei.
Die huwelik is ‘n kosbare geskenk – vol vreugde, lag, groei… en, as ons eerlik is, ook harde werk. Met tyd is dit maklik om vas te val in roetines, van mekaar weg te dryf of selfs te voel soos huismaats. Of julle nou ses maande of dertig jaar getroud is, elke huwelik het doelbewuste oomblikke nodig om weer nader aan mekaar te groei.
Dis hoekom Closer bestaan.
Voor die seminaar het paartjies hul huwelikstevredenheid gemiddeld 5 uit 10 gegee. Ná afloop van die seminaar het dié gemiddeld gestyg na 9 uit 10.
Closer is meer as net ‘n huwelikseminaar – dit is ‘n geleentheid om emosioneel, geestelik en fisies nader aan mekaar te groei.
Wat jy kan verwag:
Eerlike boodskappe en opregte persoonlike stories
Baie lag,
genade en geen veroordeling nie
Weeklikse uitdagings om dit wat julle leer, toe te pas
Kwaliteitstyd net vir julle twee
‘n Veilige, geloofsgevulde omgewing waar elke paartjie welkom is
Wie moet kom?
Hierdie seminaar is vir elke getroude paartjie.
Of julle pas getroud is…
Of al 30 jaar saam is…
Of dinge goed gaan…
Of julle deur ‘n moeilike tyd gaan…
Daar is altyd plek om nader aan mekaar te groei.
✨Kinderoppas is beskikbaar – sodat julle op mekaar kan fokus.
💬 Het julle finansiële hulp nodig? Borgskappe is beskikbaar. Kontak ons gerus!
📖 Hoewel die seminaar op Christelike beginsels gebaseer is, is paartjies van alle agtergronde hartlik welkom.
REgte huwelike. regte resultate:
Events
-
-
Closer 2 – Huwelik Seminaar – Paarl Oos
Laerskool Drakenstein Muscadelstraat, Denneburg, Paarl, Western Cape, South AfricaOf julle huwelik tans op ’n goeie plek is of dalk onder druk voel, hierdie reis is ontwerp om julle te help om saam sterker te groei. Oor 8 weke […]
